Die Afrikaanse revolusie in my.

Die stem van Francois Van Coke spook by my, soos wat ek nou hier sit en skryf, kan ek eintlik nie help om op te staan om die cd te soek en te speel nie. Wie sou kon raai dat ek, wat somtyds so skaam kry vir Afrikaans wees, dit ooit sou oorweeg om n standpunt in te neem aan die boere kant van die lyn.

Ek het besluit om hierdie artiekel in Afrikaans te skryf, omdat nie-afrikaanse mense in elkgeval nie gaan verstaan waar my gedagtes vandaan kom nie.

Ek voel ek het n stem gevind in Fokofpolisiekar, dit voel asof ek die ouens ken, asof ons saam op skool was en dieselfde vriende gehaad het. Daar is well n paar verskille, ek kom van Pretoria af en ek dink hulle is dalk n biejie ouer as ek. Maar terselfde tyd is daar baie dinge was ons in gemeen het, soos ons ontevredenheid met n kerk wat ons oor gefok het, en die gevoel dat ons hoort in n land wat al lankal nie meer bestaan nie.

Ons generasie het groot geword in n tyd, wanneer Afrikaanse mense, almal se gunsteling ding was om te blameer vir die foute in ons land, en dan praat ek nie eers van ons liefde om van onself n gat te maak nie, ek kan myself partykeer dood skaam vir die advertensies op TV van “somer sokkie 2007” en “die braai album van die jaar”.

Wat het ooit geword van die kunstenaars van belade vir n enkeling, die TV programme soos sonkring, agter elke man, Torings, en Konings, en die een van vos haar kind my meisiekind (ek was baie klein okay, ek kan nie presies onhou nie.)

Dit het my so gepla om Afrikaans te wees dat ek tot vandag toe, nog nooit met n Afrikaanse ou uitgegaan het nie. My Engels is so vlot, as jy my nie ken nie sou jy nooit kon se dat ek n Afrikaanse boere, well… Pretoria meisie is nie.

Ek voel n diep pers frustrasie soos n lekike blou kol na n paar weke, hoe meer ek dink daaraan dat die media, die koerante, mense van oorsee, en ons huidige regering ons so uitgemergel het uit ons trots op n nasie wat n land kom bou het uit niks, en nou is ons die kak.

Dan praat mens nie eers oor die dooie oorlog wat van ons pa’s en oom’s op die grens gaan veg het nie, waar is dit in die geskiedenis boeke, wat leer die kinders in die skool vandag, ek wonder, want ons het skaars van die voortrekkers geleer en ek was in n Afrikaanse skool.

Hoe meer ek sit en luister na die woedende skreeu stem van fokofpolisiekar, voel dit of daar stoom in my aare pols. “Prioriteit no 1, kom lewendig hier uit,  Jou merke sal getuig van n aktiewe wanhopigheid, jys gofok en nou fok jy ons”. En dan breek die gedagte tot my deur… Ek is trots, trots op myself en om Afrikaans te wees, en dankbaar vir die revolusie in my.

As ons voorvaders kaalvoet oor die drakensberge getrek het, dink ek  dit wys al klaar waarvan ons gemaak is, ons is amper soos die Duitsers, net met baie grooter harte. Daar is niks so lekker, as om ander Afrikaanse mense te onmoet wat die selfde voel as jou eie familie nie. As my Afrikaanse seuns vriende by my ma hulle kom kuier,  noem hulle my ma tannie en staan saam met my pa by die vuur en praat en drink en kuier.

Doen jouself n guns en gaan kyk die musiek video van “Hemel op die platteland” dadelik herinder dit my aan my kinderdae, my ma se broer en susters was in die weermag en in my geestes oog sien ek my oom in sy uniform, vroeg in die oggend in my ouma se roos tuin in pretoria.  Kaal swem in die dam op perfek kamp, lantern bekruip op laerskool, O genade volkspele by kleuterskool vir ouma en oupa dag, op die gras le en kyk na die blou lug bo, terwyl die donderweer waarsku van somer middag reen.

Die dominiees en die kerk en die onderwysers en skole en tannies van die kerk wat so vas glo fokofpolisiekar is die duiwel moet hulself dalk n guns doen, en n cd gaan koop, met n koppie tee gaan sit, hulle ore oop maak en luister na een van die beste dinge wat uit ons geledere gepop het in die laaste 20 jaar, hulle is iemand se kinders wat groot geword het saam met julle kinders, hulle gee ons n stem, en is braaf genoeg om dinge te se oor regstellende aksie, hoe verlore ons somtyds voel en hoe bang ons regtig is.

Dit is n inspirasie, en in die skaduwee brand Suid Afrika, soos hulle se. Ek dink dis tyd om regtig aan die brand te slaan, en weer te probeer, vir almal te wys waar die gekweste indringer regtig tuis is, dis tyd om ons eie plek oop te kerf in hierdie land van ons. Ons het al soveel baklei, hoekom sal ons nou gaan le?

Vir jou Suid Afrika.

Advertisements
This entry was posted in Days go by by flickery. Bookmark the permalink.

About flickery

I'm a morning person, love tea, love my dogs, fresh air and lots of space. I don't get angry very easily, but I stay angry for a long time when I do. I take everything personally, as I am a person. I like to think and listen to other people, I need to know about things. I love and wine, my friends, and food. The weirdness of me. I love shoes. Reading is good, smoking is not, but I enjoy both. I wish I was a warm summer day with thunderstorms and soft rain that makes the air cling to your skin. I like kissing, ice cream, and chilli'S. I love to play pretend, dance and sing to 80's music, and imagine I can play a sport and own a yaght. the end-ish. just a little.

3 thoughts on “Die Afrikaanse revolusie in my.

  1. Liewe Celest

    Ek het jou blog gevind via n nota wat ek van jou ma ontvang
    het op facebook.
    Jy skryf uit die hart uit en baie wat jy te se het is baie belangrik…maar….Die oranje, blanje blou ding pla vir my.
    Ek vra sommer vooraf dat jy my vergewe vir enige spel of taal voute wat jy hief vind, Afrikaans is nie my moeder taal nie, maar dit is my geliefkooste taal.

    As jy die geskiedenis van Afrikaans deeglik bekyk sal jy verstaan dat sekere mense besluit het om dit (die taal) en die idee van “kultuur” polilties te maak. Hulle het besluit die taal behoort aan sekere mense and dat die mense beter is as al die ander wat in die land woon.

    Het jy geweet dat die eerste geskrewe Afrikanse tekste in Arabies geskryf is en dat baie van die woorde wat ons gebruik in die taal eerste deur slawe gebruik is?

    Die Oranje, Blanje Blou maak baie mense seer – myself insgesluit. Ek is baie lief vir Afrikaans maar ek is nie n Afrikaner nie. My ma was Portugees en my Pa Duits en ons het in Pretoria grootgword. Daar het die Afrikaanse kinders vir my ma n “seekaffer” genoem. Daar het Afrikaanse kinders vir ander imigrante vreeslike name genoem – amper soos vandag se mense ander mense “amakwerekwere” noem.

    Dit alles omdat die Nasionale Party so bang was vir almal en alles het hulle die taal en die kultuur “gehijack het”. As jy kwaad wil word dan moet jy maar jou woede op die ou Nasionale Party uitneem want dis hulle wat die taal en Afrikaaners in algemeen so sleg laat lyk het nie net in die oe van mede Suid Afrikaners maar die res van die wereld.

    Om die taal te bevry moet Afrikaanssprekendes besef dat dit gebruik en beswadder is. Daar is baie, baie mense wat Afrikaansspekend is wat hulle lewens opgeoofer het vir die struggle – Bram Fisher, Beyers Naude, Antjie Krog, Breyten Breytenbach…om maar net n paar te noem.

    Afrikaans sal oorleef as mense ophou om die “victim” te speel en praat van “veg” or “gaan le”.
    Verlede jaar is daar meer boeke in Afrikaans uitgegee as enige ander amptelike taal in die land. Koop boeke in jou eie taal (ek vra gewoonlike vir jong mense wat kla watter boek hulle laas in Afrikaans gelees het), koop en maak musiek in jou eie taal, maak teater (soos Saartje Botha – die beste regiseur in die land) doen…maaar moet net nie praat oor baklei nie. Weet jy toe die Vleis, Rys en Aartapels fees by die Baxter Teater gespeel het verlede jaar was daar net n handjievol mense daar. Die teater wat daar te sien was is wereldklas maar die mense bly weg, hullle gaan kyk nie. Jong mense bly weg en dan koop hulle vullis soos Bok Van Blerk en dink dis kultuur.
    Lees “n Ander Tongval” van Anjie en vele ander boeke wat n diepe geskiedenis sal gee.
    Dankie vir jou tyd en hou aan skryf en praat oor en in Afrikaans.
    Marianne Thamm

  2. Hi Marianne,

    Laat ek afskop deur te se, ek is jammer as die oranje blanje blou stukkie jou seer gemaak of hartseer laat voel of selfs herhinder aan die vieslikke goed wat in jou kinder dae gebeur het.

    Vir my was dit sommer n rympie wat ons geskree het toe ons klein was as ons hop scotch gespeel het, so dit hou bloot n onskuldigge konnetasie van klein wees en lank terug.

    In die toekoms sal ek meer bedag wees oor die goed wat vir dalk vir ander n doring in die vlees kan wees.

    Ek stem saam, dat Bok van Blerk nie kultureel is nie, dit is kommin rommel.

    Verder wil ek ook verduidelik wat my gevoel was as ek praat van “gaan le” mense moet nie weg hardloop na ander lande toe nie, veel in die sin van Dylan Thomas se gedig oor sy pa net voor sy dood.

    Ons moet vuur maak onder mekaar om weer trots te wees op onself sonder om enigiets weg te neem van n ander kultuur.

    Ek is vir die eerste keer in jare opgewonde oor Afrikaans, ek is lief vir ons land en al die mense hom.

    Net so terloops, nou dat jy vra- Die laaste Afrikaanse boek wat ek gelees het was seker n ettie bierman roman, of selfs nog kringe op hoerskool, dankie vir jou insiggewende komentaar dit het my n paar stampe in n interesante righting gegee.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s